Amritsar-slagting

Muurskildery wat die Amritsar-slagting in 1919 voorstel.
Jallianwala-gedenkteken.

Die Jallianwala Bagh-slagting, ook bekend as die Amritsar-slagting, het op 13 April 1919 plaasgevind toe troepe van die Brits-Indiese Leër onder die bevel van waarnemende brigadier-generaal Reginald Dyer wapens afgevuur het op 'n skare ongewapende Punjab-burgers wat in Jallianwala Bagh, Amritsar, Punjab, Brits-Indië byeengekom het. Die burgers het byeengekom vir 'n vreedsame protesaksie ten einde die arrestasie en deportasie van twee nasionale leiers, Satya Pal en Saifuddin Kitchlew, te verwerp en om die Sikh-fees van Baisakhi te vier.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search